Leef vrugbaar

10279669671?profile=RESIZE_710x

Ons vrug - en ons vrug alleen - bewys dat God in ons werk!

Jesus sê dikwels dat bome vrug moet dra, en dat goeie bome goeie vrugte sal dra. Hy bedoel dat ONS vrug moet dra! Hy sê die loot moet in die wingerd bly sodat dit "veel vrug" kan dra. Vrugdra is ons doel! Paulus voeg by dat dit die Heilige Gees se vrug is wat ons moet dra, en hy noem 'n aantal voorbeelde. Wat is Gees-vrug egter presies, en hoe dra ons dit? Dit is wat ons bespreek in ons kursus, Leef Vrugbaar. In 24 kort, kragtige dele word die leser deur die Gees-vrug gelei wat die Bybel noem (en daar is meer as die nege van Gal. 5:22): ons leer (1) wat dit behels en (2) hoe hom dit prakties te leef. Ja, leer om vrugbaar te leef! Die inhoud is soos volg:

#1 Wat is Geesvrug? | #2 Hoe dra ek vrug? | #3 Selfbeheersing | #4 Sagmoedigheid | #5 Getrouheid | #6 Goedheid | #7 Vriendelikheid | #8 Geduld | #9 Vrede | #10 Blydskap | #11 Goeie werke |#12 Heiligmaking | #13 Geregtigheid | #14 Waarheid | #15 Lofprysing | #16 Deug | #17 Insig | #18 Volharding | #19 Betroubaarheid | #20 Godsvrug | #21 Broederliefde | #22 Geloof | #23 Hoop | #24 Liefde  

Hierdie kursus is ook 'n ideale reeks vir die kleingroep. 

Om te sien hoe die uitleg lyk, kan jy die voorblad hieronder aflaai.

LV#0 Inhoud.pdf

 

2386233854?profile=RESIZE_180x180Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier of hieronder:

3822600595?profile=RESIZE_710x

 

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –

Replies

  • wil graag vir die kursus inskryf, en asb meer info oor die MAANDAE KLAS AANLYN ASSEBLIEF
    • Hallo Veronica! Jy kan op hierdie blad inskryf (deur die blou skakel) en as jy sukkel kan jy net vir ons laat weet. Reply net op enige van ons dagstukkies.Volledige inligting is ook by KURSUSSE op hierdie webblad. Ons Maandag-aand skool het ten einde geloop met die spesifieke kursus waarmee ons besig was, maar ek hoop dat ons in die tweede helfte van die jaar weer 'n skool sal kan aanbied. Beste wense!
  • Ek wil graag inskryf vir die kursus Leef Vrugbaar.
    • Dis reg so Jane, het reeds reageer. Alles lyk reg. Beste wense!
This reply was deleted.