677553750?profile=RESIZE_180x180

 

(1) Vind 'n oomblik van stilte

Ons oordenkings gaan baie vroeg uit - afhangende waar jy in die wêreld is - maar in Suid-Afrika kan jy dit voor werk by die huis lees, of by die werk jou dag daarmee begin. Dalk kan jy die deur toetrek, of andersins 'n stil oomblik beleef.  Gaan intensioneel daarmee om.

(2) Lees die Woord

Ons beweeg stelselmatig deur die Woord. As jy dus kan (baie mense lees dit by die werk), sal dit goed wees as jy die gekose gedeelte self in die Woord lees. Dis nooit lank nie. Vir die doel kan jy 'n Bybel by die werk hou. Dit is altyd God se Woord wat met ons praat, nooit iets anders nie. Die oordenking vloei uit die Woord uit.

(3) Lees die oordenking

Een gedagte wat in daardie stukkie Woord voorkom, word uitgelig en bietjie bespreek. Die bedoeling is dat dit kort, kragtig, eenvoudig en prakties sal wees. Fokus daarop - dis net een paragraaf lank.  Lees met meer as net jou oë - laat jou hart dit ook inneem. Vra: "hoe raak dit my?

(4) Bid saam

'n Enkele reël gebed word in elk geval gegee as 'n reaksie op die Woord. As jy nie anders kan nie (vanweë jou omstandighede), sê net "Amen" in jou hart daarop. Of laat die gebed jou in jou eie, langer, gebed inlei.  Praat met God daar waar jy voor die rekenaar sit.

(5) Gaan doen

Die dagstukkie het dikwels ook 'n DOEN-gedeelte.  Dit is of (1) die praktyk van die oordenking, of (2) verdere nadenke of skryfwerk vir jou joernaal - skaf gerus een aan - of (3) bedoel as ekstra inligting.  As jy hiermee dinge regtig doen, het jy inderdaad 'n aktiewe persoonlike, geestelike lewe.

Geniet Daaglikse Stilte! Ten slotte nog twee dinge:

 

3284370632?profile=RESIZE_180x180(6) Skryf gerus aan my 'n nota

Ja, neem vrymoedigheid en druk Reply met jou kommentaar, vraag of versoek.  Ek antwoord alle briefies, so ver as moontlik, al neem dit soms 'n dag of wat...

 

(7) Stuur Daaglikse Stilte aan

Stuur gerus Daaglikse Stilte aan, maar wees wys. Moenie Forward druk as dit nie welkom gaan wees nie. Die persoon mag die unsubscribe-skakel (onderaan elke dagstukkie) druk en dan is JY afgeteken.  Of erger, hy mag ons dagstukkies as spam aanmeld.  Dit gebeur egter nie baie nie - stuur dit gerus aan, maar wees wys. Moenie mense spam nie. .

 

 

 

Terug na die Padlangs-inligtingsblad

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –