Mans Genoeg

9207770275?profile=RESIZE_400xMANSGENOEG 2

Daar is 'n opvolg op MANSGENOEG uit. Hierdie keer gaan dit oor waardes en advies wat 'n pa vir sy seun wil deurgee, ook wat geloof betref. "Pa’s het ’n Godgegewe rol om hulle families te beskerm en te versorg. Hulle streef ook daarna om hulle seuns lewenslesse en -wyshede te leer sodat hulle eendag eerbare mans sal wees." Tientalle bekende skrywers (en minder bekende skrywers soos ekself) het hieraan deelgeneem. Kort oordenkings, wat binne enkele minute deurgelees kan word, dra belangrike waarhede oor.

Dit is 'n ideale geskenk vir pa's en seuns!

Lees meer oor hierdie boek (met bekendstellings-afslag) of bestel dit by Voelgoedboeke by die volgende skakel:

https://voelgoedwinkel.co.za/winkel/mansgenoeg-om-met-jou-seun-oor-geloof-te-gesels/

Kyk ook daarvoor by CNA, PNA, Exclusive Books, Bargain Books, ens.

 

 

 

 

 

 

 


   

8035203469?profile=RESIZE_400x

MANSGENOEG!

Ek het (weer) saam geskryf aan 'n manneboek deur Carpe Diem. Honderd bekendes (en onbekendes soos ek, haha) gee 'n inspirerende spreekwoord of aanhaling - die een wat hulle self graag gebruik om besluite mee te neem - en bespreek dit kortliks. Die boek bevat dus 100 kort en kragtige oordenkings, vol praktiese raad, deur Christen-mans oor die manier hoe hulle hul eie lewe leef. Dis baie inspirerend! 

Ideaal as geskenk vir mans, veral vir Kersfees! 

Elke oordenking is kort genoeg om in twee of drie minute te lees en lei mans in 'n lewe en 'n praktyk in van leierskap, integriteit en geestelike diepte.

Lees meer oor hierdie goed-geprysde boek of bestel dit by Voelgoedboeke by die volgende skakel:

https://voelgoedboeke.co.za/winkel/mansgenoeg/

Of vra daarna in boekwinkels soos CNA, PNA, Exclusive Books of Bargain Books.

Ns.

Ek het 'n spreekwoord ingesluit wat my ma soms gebruik het, en wat ek soms - as ek by moeilike keuses was - ingespan het. DIt het my al baie gehelp. Wat dit is, kan ek natuurlik nie verklap nie... :-)

 

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –