Nuwejaarsvoornemens het maar ‘n slegte rekord. Teen Februarie het ons dikwels al weer daarvan vergeet! Ons pak dit egter verkeerd aan – ons verwag dikwels dat ons mooi doelwit maar so amper vanself moet gebeur. Verandering gebeur egter nie vanself nie – die status quo gebeur vanself! Jimi le Roux, geregistreerde geestelike- en lewensbegeleier, gee tien professionele wenke oor die maak en implementering van doelwitte wat werklik kan slaag en jou lewe kan verander.
Kliek hier om die kort dokument af te laai na jou Downloads vouer: Nuwejaar%20Voornemens.pdf
Kyk ook gerus op hierdie webruimte vir ons Padlangs Oordenkings (ook in Engels), ons Geestelike kursusse en die ander inligting wat hierop is.
Replies