Staan op, staan vas, staan uit

Staan op, staan vas, staan uit

Ek het deelgeneem aan die skryf van 'n boek by Carpe Diem. Omtrent 90 skrywers, sangers of bekendes lewer kort bydraes oor manwees. Die resultaat is 'n vreeslike oulike boekie vir mans, met kort en kragtige oordenkings, vyf minute elk, wat hom sal inspireer om 'n man te wees in God se sin van die woord.

'n Ideale geskenk vir enige man, jonk of oud. Besonder goeie prys!

Gaan hierheen om die boek aanlyn te bestel (of vind dit in boekwinkels soos CNA, PNA, Exclusive Books en ander):

https://voelgoedboeke.co.za/product/staan-op-staan-vas-staan-uit/

 

Hieronder volg 'n uittreksel uit voelgoedboeke se webruimte oor "Staan op":

Die wêreld het godvresende mans nou nodiger as ooit tevore. Ouens wat sal opstaan en die leiding neem by die huis, by die kerk, by die werk en in die gemeenskap.

“Sal ek ooit goed genoeg wees?” Mans raak dikwels vasgevang in die prestasieslagyster. Hulle kan eenvoudig nie van hulle eie en ander se verwagtings af wegkom nie. Dan leef hulle bloot ’n lewe van plig, stille frustrasie en sinloosheid.

In hierdie tyd wat die wêreld ’n groot behoefte het aan helde, maak seker jou man weet hy is net die regte ou daarvoor. Eerlik. Hardwerkend. Sorg vir sy gesin. Nie bang om standpunt in te neem en God te volg nie.

Mans word uitgedaag om hulle rol as geestelike leiers van hulle gesinne te ondersoek. Om hulle vroue lief te hê. Hulle tyd wys te bestee. En te werk aan ’n dieper verhouding met die Here.

Dis nou die tyd! Staan op en ontdek wie Hy wil hê jy moet wees. Wees sterk en moedig, maar sonder ’n masker van valse krag en bravade. Erken jou swakhede en beperkings, terwyl jy terselfdertyd jou krag vind in geloof en opregte liefde.

Staan vas en vertrou God as jou bron van moed en krag. Soek wysheid en ’n dieper geloof in die Woord en wees terselfdertyd op die aanval én op die verdediging vir Hom.

Staan uit en aanvaar jou verantwoordelikheid in die gemeenskap. Dien jou gesin, beskerm jou geliefdes en neem standpunt in vir Christus. Dis waartoe hierdie boek jou uitdaag: skryf jou naam op die voorblad en word ’n ware held – vol moed, omgee en integriteit!
Elke stukkie is kort genoeg dat jy dit in enkele minute kan lees, maar dit sal jou denke lewenslank verander.

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –