ANTWOORD OP “THE SECRET”....
My gevoel van die “Law of Attraction” is….
1) dat dit aansluit by ‘n baie algemene konsep wat by alle godsdienste te vinde is, nl.
- as jy goed doen, sal jy seën ontvang/beskerming geniet
- as jy sleg doen, sal jy jou beskerming (covering) verloor/onder die vloek van die sonde kom, ens.
- “wat jy saai sal jy maai”
- “karma” – boedhisme weergawe van dieselfde gedagte, ook gestrek oor leeftye (reïnkarnasie)
2) Ek dink die werklikheid is meer kompleks, en sien dit so….
- die bg. is mos ‘n tipiese reduksie van ‘n ingewikkelde saak tot ‘n eenvoudige “Stap 1-2-3”, of “As A, dan B”. Dit oorvereenvoudig die werklikheid en maak dit linieêr.
- die probleem is ook dat iets daarvan mos wel waar is, en dat die Bybel uitdruklik sê dat daar ‘n seën en ‘n beloning, asook ‘n vloek en ‘n straf is
- die konsep van saai en maai is ook ‘n duidelike Bybelse konsep
- ons wil juis hê dat mense liefde sal bewys, vergiffenis, ook seën sal gee en ontvang, ens. en preek, leer en beraad dit
- ons beleef egter die realiteit dat gelowiges soms baie sukkel (veral in Afrika), en dat ongelowiges dikwels voorspoed. Die verband is nie geloof nie, maar ekonomiese en persoonlike faktore.
- Daar is die eenvoudige (naïewe) standpunt dat gehoorsaamheid tot seën lei, bv. in die wet (Deut 28), by Spreuke, ens. “Die regverdige se spens is vol kos”, ens.
- Daar is die fatalistiese standpunt dat dit alles niks saak maak nie en dat die regverdige en die onregverdige altwee soos ‘n dier sterf, bv. Prediker
- Daar is ‘n meer gelowige standpunt dat loon en straf nie altyd nou sigbaar is nie, maar dat God vertrou kan word om uiteindelik geregtigheid te laat geskied (Job, ook Psalms waar Dawid met die Here worstel oor die voorspoed van die ongelowiges, maar hy doen dit vanuit ‘n geloofsperspektief)
4) My gevolgtrekking is soos volg:
- Die “Law of Attraction” wil die bg. konsepte neem en saamtrek in iets wat dadelik gaan gebeur: onmiddelike terugvoer en onmiddelike behoeftebevrediging. Ek dink nie dit is tevrede dat jou goeie finansiële gedrag in jou kinders se leeftyd sal vrug dra nie, nadat jy bv. jou lewe lank gesukkel het met geld. Dit het die aard van ‘n quick fix, en is daarom onrealisties. Dit word as ‘n wetmatigheid voorgehou, maar ek glo nie dit sal enige wetenskaplike toets slaag nie. IN daardie sin glo ek dit glad nie.
- Iets van die konsep is egter waar, soos ons gesê het (en vandaar die gevoel van credibility), maar dit kan beter verklaar word... soos volg:
Die Bybelse beskouing van geloof is so:
- ons vertrou God al verstaan ons Hom nie altyd nie, al happen dinge nie altyd nie, en al is die beeskrale leeg
- ons vertrou God vir wie Hy is, en nie vir wat Hy doen nie (en ons dien Hom nie vir wat Hy vir ons sal doen nie – Hy is nie daar vir ons nie)
- geloof is dus nie ‘n meganiese saak (vertrou op iets, vir iets) nie, maar ‘n persoonlike verhouding (vertrou op Iemand)
- ons vertrou dat aan die einde volmaakte geregtigheid sal geskied en elkeen sal kry wat hy verdien het (ons noem dit ‘n teleologiese perspektief) en vertrou God daarvoor
Daar bly egter ‘n psigologiese waarheid in die hele saak: as ons positief is, vol selfvertroue, bly, optimisties, liefdevol, vergewe, sukses-geöriënteerd dink, doelwitgedrewe is, gaan mense meer van ons hou, en baie meer dinge doodgewoon met ons gebeur. Iets daarvan “werk” dus. Maar dit kan ons ook onder die konsep “geloof in God” verstaan. Dis ‘n lewe van vertroue op die Here en ‘n lewe gerig op ander mense en ‘n lewe van goed-doen, liefde, bewys, vergewe, ens. “The normal christian life”. Ons moet almal meer so wees. Om dit ‘n pseudospirituele wet te maak is egter ‘n reduksie, want dit verdiskonteer nie die paradoks van “bad things happen to good people” nie.
Replies