Kyk gerus ook na die volgende items op ons webruimte - kliek op die titel:
Ons maak van tyd tot tyd 'n mooi skerm-muurpapier (wallpaper vir jou rekenaarskerm) of 'n mini-poster in A5-formaat en bêre dit hier. Ons verwys daarna in ons dagstukkies en nuusbriewe - met 'n skakel - maar as jy dit soek, kliek hierbo op die titel...
Ons het op 'n stadium begin om algemene geestelike vrae wat mense vir ons gestuur het, net eenmalig te antwoord en die antwoord dan op ons webruimte te sit. Kyk gerus - die lys is al lank.
Ons skryf 'n maandelikse nuusbrief, en bêre dit ook hier, vir ingeval iemand dit dalk gemis het. Dit dien ook as die HTML-weergawe van ons nuusbrief as iemand dit as 'n web-blad wou lees. Ag, daar's tegniese redes...
Ja, ek het iets geskryf, desjare toe my kinders nodig gehad het om iets te lees oor uhum, seks, en 'n uitgewer het dit toe gepubliseer. Wat ek hier bekendmaak is die laaste van die voorraad wat oor is en dis nie veel nie!
Ek kry gereeld briefies van waardering mense en het op 'n stadium begin om dit te bêre - of uitreksels daarvan. Daar is meer as 'n 1800 op rekord dink ek, en die rede hoekom ons dit bêre, of daarop let, is omdat dit deel van ons terugvoering is. 'n Bediening soos ons s'n se "sukses" word nie net kwantitatief gemeet - met statistieke en grafieke teen die muur - nie, maar ook kwalitatief in die stories van mense. Dis veral waarin ons belangstel: in mense - mense se lewens en harte...
Ons reeksie oor hoe om ons honde beter te verstaan... As ons hiermee ons "mindere" broers en susters in die natuur kan help, sal dit goed wees, maar ek het ook 'n ander doel: diere het belangrike dinge om ons te leer, want ons deel presies dieselfde emosionele draadwerk... As ons hulle beter verstaan, verstaan ons onsself beter.
Die volgende is vorige items:
Die hou van die Vaste (Lent), Paasfees (en die Paashaas): kliek hier
"Wading in Skubala" (toe Paulus gevloek het): kliek hier
Die Seisoene van die Kerklike Jaar: kliek hier
Hoekom onder jou eie naam bedien? Kliek hier
'n Opstel oor ons nuwe web-uitleg...jy sal verbaas wees! Kliek hier
Trinitariese Seën Muurpapier: Kliek hier