Bydraes aan Padlangs

PADLANGS is 'n geloofsbediening.

Ons bedryf ons bediening (en ons persoonlike lewe) deur bydraes wat ons ontvang. Ons leef al jare so - die Here sorg vir ons! Dit gebeur hoofsaaklik deurdat mense maandeliks bydra en daarmee 'n kursus bekom. Ander gee net op 'n ad hoc-basis. Dis 'n moeilike saak om te hanteer: ons is nie skaam om vir ondersteuning te vra nie, maar aan die ander kant gaan dit nie oor geld nie. Dit gaan oor die bediening. Die manier waarop ons ons bediening tans befonds - deur ons kursusse as insentief te gebruik - het 'n lang pad gekom en werk vir ons. Dit vra nie net iets nie, dit gee iets terug. Dis 'n wen-wen. In die verband wil ons ons dank uitspreek teenoor diegene wat ons bediening ondersteun, sommige al vir baie jare - dit word baie, baie waardeer! Mag die Here jou daarvoor seën!

As jy 'n gereelde maandelikse bydrae maak van R150 of meer, beskou ons jou as 'n VENNOOT  en ontvang jy 'n geestelike kursus van jou keuse. 

Jy kan op een van die volgende maniere 'n bydrae maak aan Padlangs:

  • Jy kan elektronies of fisies 'n deposito in ons rekening maak.  Die rekeningbesonderhede is hieronder.
  • Jy kan ook van oorsee 'n inbetaling in ons rekening maak - besonderhede sal op jou bank se webruimte (of in die tak) wees. Gebruik ons bankbesonderhede hieronder en Standard Bank se SWIFT kode SBZAZAJJ.
  • Jy kan 'n maandelikse debietorder teken.  Die voordeel is dat jy dit nie maandeliks hoef te onthou nie, en dit help ons natuurlik om te beplan.  'n Debietorder kan op enige stadium gekanselleer word, deur aan ons te skryf.
  • Jy kan SnapScan gebruik - die heel eenvoudigste manier, wat werk vir enige kaart en enige land!
  • Jy kan d.m.v. jou kredietkaart 'n onmiddelike (of gereelde) betaling maak, ook vanuit die buiteland. 

Neem kennis dat alle webtransaksies deur betroubare en veilige finansiële tussengangers gedoen word. Alle diensverskaffers toon aan - verifieer gerus vir jouself - dat hulle veilige webruimtes het wat gebruik maak van die beste veiligheidsprosedures en enkripsies. 


Die volgende skakels gee meer inligting hieroor:

Om Padlangs se kontak- en rekeningbesonderhede te sien (of KYK HIERONDER) - kliek hier

Om 'n maandelikse debietorder ten gunste van Padlangs te teken - kliek hier

Om 'n betaling per SnapScan te maak gebruik die kode onderaan hierdie blad, of vir meer inligting daaroor kliek hier

Om kredietkaart betalings te maak (ook van oorsee) - kliek hier

Om te lees hoekom ons geld vra vir sekere dienste - kliek hier

Om te lees oor ons hart vir Padlangs en die persoonlike agtergrond - kliek hier

Om meer te lees oor ons kursusse (of in te skryf) - kliek hier

 

Padlangs rekeningbesonderhede:

Rekeningnaam: PADLANGS BEDIENING
Rekeningnommer: 415175380
Bank: Standard Bank
Tak: Helderberg
Taknommer: 051001