F A Q


 

Mense vra my dikwels dinge soos die volgende:

Wie is jy nou eintlik?

Ek is 'n predikant wat na 20 jaar in gemeentes nou hierdie internet bediening behartig (maar is steeds in die kerk betrokke) - kliek vir meer

En wat doen jy?

Ek behartig merendeels Padlangs Bediening: ons dagstukkies (Daaglikse Stilte en By the Way), asook ons geestelike kursusse (kliek vir info). Ek bedien ook mense per e-pos soos hulle vir my skryf. 

Dan - behalwe die internet bediening skryf ek ook: vir tydskrifte, aan buite-kursusse en ook aan boeke; dan gesels ek op die radio, preek waar ek genooi word en lei ook kerkrade en kampe. Ek doen ook lewensbegeleiding (life coaching) en berading.

Ek beskou myself as 'n geestelike begeleier wat veral van die internet gebruik maak.

Hoe lank doen jy dit al?

Padlangs Oordenkings bestaan sedert 2001.  Met die jare het ons die verskillende komponente bygesit en sedert 2010 doen ons dit voltyds, net soos dit nou bestaan. (Kliek hier vir die agtergrond tot ons bediening).

Kos dit iets?

Ons dagstukkies en eintlik die meeste van ons dag se werk is gratis bediening.  Mens kan nie 'n prys daarop sit nie.  Ons kursusse is waar ons ons inkomste vandaan haal, want dit gaan aan diegene wat Padlangs maandeliks ondersteun.  Dan bless die Here ons ook met donasies van vriende en ook totale vreemdelinge.  Elke maand is 'n verrassing, maar daar was nog altyd genoeg. Die Here sorg vir ons!  As jy wil lees oor die hoe en hoekom van ons finansiële beleid, kliek hier.

Is dit suksesvol?

Ja, deur die Here se genade.  Padlangs word wêreldwyd gelees deur seker so 6000 mense, en honderde het al ons kursusse gedoen.  Dit het al vir ons baie deure oopgemaak en baie verhoudings gebou!   Daar is (2019) by die 2400 getuienisse en dankie-briefies op ons webruimte. Soms, as wonder ek of ons sukses behaal, dan lees ek hulle weer...

Waar is jy kerklik en geestelik?

In die middel.  Ek is opgelei as gereformeerde leraar, maar uit 'n evangeliese stroom en het die vernuwing van die Heilige Gees beleef.  Ek groei in die rigting van die kontemplatiewe en van post-moderne bediening.  Ek fokus nie sterk op dogma nie; vir my gaan dit veral oor 'n praktiese verhouding met God in vandag se wêreldKliek vir meer.

Wat gaan hier aan op jou webruimte?

Te veel om te noem - dis eintlik reusagtig, oor die 2000 bladsye!  Baie mense stel belang in die geestelike vrae en antwoorde,  die grafika en prente wat ons soms bekend maak, of hulle soek vorige oordenkings of 'n nuusbrief.

Hoe raak ek betrokke?

Skryf in vir ons dagstukkies.  So leer jy ons ken, en ons vir jou!  Kliek hier om sommer direk in te skryf.  Jy kan ons natuurlik ook gaan Like op Facebook

Wat is jou behoefte?

Dankie dat jy vra - oukei, mense vra dit selde, maar ek wil dit antwoord!  Ons het die volgende nodig, so bid asb. saam met ons:

  • inset - om elke dag nuwe dagstukkies te skryf (dit is al oor die 3600) vra geweldige input.  Ek moet baie lees en ek moet groei in verhouding met God en oop bly vir sy Gees;
  • groei (vir ons bediening) - ons het baie meer lesers nodig, meer blootstelling, meer oop deure, nuwe rigtings, nuwe bedieninge, nuwe grondgebied;
  • seën - sonder God se seën is ons niks.  Alles gaan oor Hom. As ons die dag alles neerlê, en hierdie webruimte gesluit word, wil ons weet dat ons ons lewens soos wierook uitgebrand het, en dat iemand iets van SY lieflike geur kon inasem.

 


 

Hier is nog 'n paar nuttige skakels:

Om meer te lees oor Daaglikse Stilte Oordenkings of in te skryf: kliek hier

Om meer te lees oor ons kleurvolle en relevante geestelike kursusse: kliek hier

Om in te skryf vir ons Engelse Oordenkings, By the Way: kliek hier

Om meer te lees oor Jimi en Padlangs Bediening: kliek hier

Om ons rekeningbesonderhede te kry, of 'n bydrae te maak: kliek hier

Om die geestelike vrae en antwoorde te lees: kliek hier

Om ons nuusbriewe te lees: kliek hier

Om gou vir my te skryf met 'n vraag of opmerking: kliek hier