'n Oorsig oor al Padlangs se kursusse

Kliek op die kursus se titel om meer daaroor te lees.

Jy kan hier ook 'n PDF aflaai wat ons kursusse uiteensit en verduidelik:

Kursusse en Programme 2022 - PDF

Basis-kursusse

Hierdie kursusse loop oor bykans 'n jaar en is fundamenteel vir die geestelike lewe.  Maak dit 'n jaar van dissipelskap, 'n jaar van die Woord, 'n Jesus-jaar...


Geestelike Vorming

Ons basiese kursus - die eerste dinge wat vir 'n Jesus-volgeling belangrik is. 'n Dissipelskap-program oor 40 weke.

Leef Geestelik

Ons opvolg op "Geestelike Vorming" - 40 weke van dieper inbeweeg in 'n geestelike lewe in. Ons leer kontemplatiewe en charismatiese praktyke aan. Nou nuut oorgedoen!

JESUS-notas

'n Jaar van meer leer oor Jesus: sy kultuur, familie, denke, beginsels,  boodskap, dade - om die Meester beter te ken! 40 weke.

Deur die Woord

'n Program oor 'n jaar (45 weke) waarin ons deur die Bybel gaan van Genesis tot Openbaring en die groot prentjie kry. Werk 'n slag deur die hele Skrif!

Veelkleurige Kleed

Ons kursus oor gebed - bedoel om jou heelwat dieper te neem, maar ook volkome vry te maak wat gebed betref!  Oor 45 weke (1 jaar).

In Praktyk

'n Jaarlange kursus (45 weke) oor die praktyke van die Christelike lewe. Hoe ry, eet, baklei 'n Christen? 'n Baie praktiese kursus, gebaseer op die Woord en die lewe.

Gevorderde geestelike kursusse

Ons noem dit gevorderde kursusse, omdat dit op ons basiese kursusse volg - en omdat dit jou dieper in die geestelike lewe inlei.

Dissiplines van die Meester

Die maak van ruimtes in my lewe vir God. Daar is geen dissipelskap sonder dissiplines nie! Ook Jesus het met dissiplines geleef. 18 weke.

Leef deur die Gees

Die praktyke van die Gees in my lewe: (1) Die openbaring van die Gees, veral m.b.t. profesie; (2) Die vrug van die Gees, sy gawes, my roeping. 20 weke

Leer ons bid

Ons volg Jesus se kursus oor gebed - die Ons Vader - frase vir frase en leer wat gebed werklik is. Sy gebed is so anders as ons s'n! 19 weke.

Liturgie vir die Lewe

Ons unieke kursus oor die antieke gebruik van "Die Ure", waarin ons leer om met Jesus deur ons hele dag - elke dag - te gaan.  "Bid altyddeur!" 11 weke.

Die Gelykenisse van Jesus

Ons bestudeer ELKE gelykenis van Jesus oor 24 weke en word weereens meegevoer deur die omgekeerde manier waarop Jesus die lewe beskou!

Naam bo alle name

Ons bestudeer oor 28 weke die name van God, Christus en die Gees in die Bybel. God se Name sê wie Hy is - leer HOM dus beter ken!

Leef Vrugbaar

Ons bespreek die vrug van die Gees oor 24 weke: eers wat dit behels en hoe dit in ons lewe dra, en dan die individuele eienskappe van die Gees in ons lewe.

Toerusting

Hierdie kursusse bied spesifieke toerusting en is nuttig vir individue, gemeentes of kampe

Innerlike Heling

'n Inleiding in pastorale beraad.  Werk na jou eie genesing toe en leer ook om ander te begelei in heling. 18 weke.

Die Man-kursus

'n Kursus vir manne oor hulle rolle, verhoudings en huwelik...  ook ideaal vir mannebediening of mannekamp.  12 weke.

Veertig Vroue

'n Kursus vir vroue. Ons leer geestelike lesse by 40 Bybelse vroue. ...ook ideaal vir vrouebediening. 40 weke

Kleingroep-dinamiek

'n Kursus vir kleingroepleiers: die jongste materiaal oor die dinamiek en doelwitte van kleingroepe. Neem jou selgroep na 'n ander vlak! 12 weke.

Neem Leierskap

'n Kort maar deeglike inleiding (9 weke) in al die aspekte van leierskap.  Opgestel vir gebruik in die gemeente - ideaal vir 'n leierskamp.

Huweliksreis

'n Reis van 30 weke om jou huwelik te verryk.  Die praktyk rondom die temas "waarom verskil ons so" en "hoe oorkom ons dit". Ook ideaal vir die huweliksbediening!

HuwelikPLUS

Ons het 'n kort en kragtige weergawe van "Huweliksreis" gemaak (10 weke). Dit dek steeds (1) waarom ons so verskil en (2) hoe ons dit kan oorkom!

Missionele Verhoudings

Om as 'n getuie van Jesus te leef is die natuurlike Christelike lewe.  Ons kyk oor 20 weke na die beginsels wat dit effektief en maklik maak. 'n "Evangelisasie-kursus".

Begeleiding

Begeleiding is coaching, 'n spesifieke persoonlike, helpende benadering. Ek is 'n gekwalifiseerde lewens- en geestelike begeleier.

KIES-program

Ons opwindende program om 'n sinvoller toekoms te KIES - egte, gestruktureerde life coaching, stap vir stap, met persoonlike afrigting, in vier modules:

  • #1 - Basiese life coaching - persoonlike begeleiding: identiteit, situasie-verkenning, doelwitbereiking, verandering, ens.
  • #2 - Wellness - leef ryker: fisiese en psigiese gesondheid, verhoudings en grense, struktuur en orde, finansies, ens.
  • #3 - Geestelike begeleiding - persoonlike begeleiding van wie JY is en hoe JOU verhouding met God moet verdiep
  • #4 - "Tweede helfte" - leef jy in die tweede helfte van jou lewe? Ons bespreek dit vanuit elke hoek vir 'n maksimale lewe

Geesplan

Geesplan is 'n opwindende kort geestelike begeleidingsprogram oor 15 weke. Hoe lyk MY tipe geestelikheid? Wat is MY roeping?

Jesus Leefstyl

In hierdie kort krusus (12 weke) sien ons hoe gesond die mense in Jesus se tyd  geleef het. Dit motiveer ons om ook aanpassings aan ons eie lewe te maak!

XYZ Generasie

'n Dringende woord aan almal (veral die nuwe generasie) oor internet-gebruik, hedendaagse politiek episdemies en klimaat-skok. DIT is ons werklikheid! 16 weke.

Ander geestelike kursusse

Korter en langer kursusse oor diverse geestelike temas - ook ideaal vir die kleingroep

 Sonde en Sin

'n Studie oor 20 weke oor die verskynsel van sonde.  Ons fokus ook op "doodsondes" soos hoogmoed, woede, jaloesie, wellus, ens.  Ons benadering is nugter, gebalanseerd en volwasse. Ons MOET en KAN sonde oorkom.

In die Tempel

Ons ondersoek die heiligdomme en tempels van Israel, volgens hulle uitleg en inhoud, en leer daaruit wat dit vir ons vandag beteken. Ons aanbid die Here immers ook in die tempel van ons hart! 18 weke.

Groen Geestelik

Ons unieke kursus oor die aarde.  Ons praat van Christen tot Christen oor waarom die aarde in hierdie toestand is en wat ons daaraan moet doen. Dis ONS probleem en dit gaan nie weg nie! 10 weke.

Engele-notas

'n Kort studie in 6 dele oor die hemelwesens - wie is die engele, wat is hulle funksie en wat is ons houding teenoor hulle?  Ons bly net by die Woord - baie interessant!

Morele Kompas

Ons gaan deur die Dekaloog (die Tien Gebooie) gebod vir gebod, maar vanuit ons Nuwe Testamentiese verstaan van hoe die wet funksioneer. 15 weke. 

Openbaring - 'n Ope Boek

Openbaring hoef nie 'n geslote boek vir jou te wees nie! Oor 21 weke werk ons deeglik deur hierdie laaste boek van die Bybel en VERSTAAN wat Johannes sê!

Psalm 23

Psalm 23 is die bekendste en mooiste psalm in die Bybel - met 'n rede! Oor 15 weke werk ons frase vir frase hierdeur en ontdek wat dit beteken dat DIE HERE ONS HERDER is!

Wie Hy Sê

Wie is jy regtig? Jy is wie die Here sê jy is! Vir 25 weke kyk ons na wat God van jou sê. Jy is 'n mens, sondig maar geliefd. Jy is 'n geseënde, 'n oorwinnaar, 'n bedienaar, 'n ewige siel! Asook vele meer...

Staan Sterk

'n Kort, kragtige kursus oor Geestelike Oorlogvoering, vanuit Efes. 6. Ons behandel oor 9 weke die "Wapenrusting van God" - stuk vir stuk - en maak dit prakties. Word weerbaar!